Madelein was die eiendomsagent, aan wie my ouers hulle tuiste, van meer as 58 jaar, toevertrou het, toe die tyd aangebreek het om dit te verlaat.

Madelein het hulle ‘n paar maal besoek, het die proses verduidelik, maar meer nog, het hulle emosies rondom die proses en die onvermydelike skuif verstaan.

Sy het alles so maklik moontlik gemaak en was intens bewus van hulle veiligheid en privaatheid.

Slegs een voornemende koper kon op ‘n keer kom kyk en Madelein was saam met hulle daar.

In my ouers se geval het die huis gou verkoop en al die amptelike sake is in rekord tyd afgehandel. Madelein het al die inspeksies gereel en het gereel dat die prokureur my ouers tuis kom sien.

Dit mag dalk klink soos iets kleins, maar vir my ouers was dit groot, onbekende dinge om te hanteer terwyl hulle besig was om hulle lewens in die huis op te pak.

Vir my, wie in die buiteland woon, was dit ‘n groot troos dat my pa en ma vir Madelein kon vertrou met die proses en dat sy van tyd tot tyd sommer net gou kom inloer het om te sien hoe dit gaan en om hulle op hoogte te hou van die jongste verwikkelinge. Dit was ‘n sake-transaksie, maar was nie koud en onpersoonlik nie.

Ek het sedertdien uitgevind, dat Madelein dieselfde diens aan van my ou skoolmaats se ouers, wie ook nog in hulle dekade lange huise gewoon het, verleen het. Sy het vir my ma’lle die beste, moontlike prys vir hulle eiendom gekry en het die proses so pynloos moontlik gemaak.

My ouers is met gelukkige harte na hulle nuwe tuiste in die aftree-oord. Hulle het jare se gelukkige herinneringe wat saam met hulle saamneem en hulle is baie opgewonde oor die nuwe intrekkers. Soos hulle eens twee mense met ‘n jong, groeiende gesin was, is dit wat die nuwe intrekkers nou is.

Hulle het ‘n week voor “lockdown” getrek. Ek weet, dat die Here geweet het wat kom en dat hulle by hulle nuwe adres moes wees en nie alleen in hulle huis nie. Die nuwe intrekkers moes ook in hulle nuwe huis wees en nie meer waar hulle vantevore was nie.

Madelein bied persoonlike diens aan elkeen. Sy was professioneel en wou net die beste vir hulle he. Ondanks dit het my ma gese, “wanneer Madelein kom, voel dit soos ‘n vriendin wie kom kuier”.

Marietjie Bester Auckland, Nieu Seeland 16 April 2020