Beste Madelein

Die einde van die gepakkery is in sig, laaste bietjie vandag voor die groot trek Vrydag oggend. Madelein, vanaf 14h00 vandag gaan ek geen e-pos koneksie hê , totdat ek weer gekoppel is in Pearly Beach, so dit is my laaste e-pos vanaf Parow aan jou, maar voor dit gebeur wil ek graag die volgende vir jou deur die e-pos sê

  1. Dit was n’ groot voorreg en die regte besluit om my huis deur Madelein Van Der Merwe Eiendomme te kon bemark en uiteindelik te verkoop
  2. Dankie vir jou professionele leiding met betrekking tot die geadverteerde verkoops prys in verhouding met die vrkoopsprys wat ons in gedagte gehad het, danksy jou goeie insig en leiding, het ons, ons prys gekry
  3. Dankie vir goeie en deurlopende terugvoer, na besoeke van potensiële kopers, jou tyds bestuur ten opsigte van afsprake, was in my oë volgens Militere presiesheid
  4. Dankie dat jy vir ons die geleentheid gegee het om voorstelle te maak in n’ poging om die verkoops proses te bespoedig , dankie dat jy bereid was om toegewings te maak, wat aanleiding gegee het tot die uiteindelike suksesvolle verkoop van ons huis
  5. Dit is ons persoonlike ervaring dat wat Madelein Van Der Merwe Eiendomme, onderneem het om te doen mbt die suksesvolle bemarking/verkoping van ons huis, dit deurentyd gehandhaaf was
  6. Dankie vir al die handige verhuisings wenke, dit het nie net baie handig te pas gekom nie, maar getuig van n’ volledige diens wat Madelein Van Der Merwe Eiendomme aan hul kliënte bied

Ek weet ek was n’ pyn en moontlik n’ groot frustrasie vir jou, maar dit was n’ voorreg en baie lekker om saam met jou te kon werk aan die verkoop van ons huis, jy is nie net uiters professioneel nie, maar ook n’ perfeksieonis by uitstek, stel hoë standaarde en aanvaar nie afwykings nie, ek kan verseker daarmee saam lewe

Baie dankie vir al jou vriendelike hulp, Magda en ek het dit baie waardeer, mag daar net mooi dinge op jou en jou Onderneming se pad wees in die toekoms

Beste groete

Aubrey en Magda