12 Mei 2017

Hi Madelein nou is ek en Anton rustig in ons nuwe woning en sit en dink aan jou wat ons huis bemark het vroeg in Januarie 2017. Ons kan nog nie glo die eerste persoon wat jy gebring het om ons huis te besigtig het ons huis gekoop nie. Dit alles binne n paar dae en vir presies die prys wat jy gesê het dit voor sal verkoop. Whow dit was “Awesome”.

Jy het die die pad saam met ons gestap in alles opsigte. Ek het later jou foonnommer uit my kop geken. Daar was kere wat ons vrae gehad het en jy het ons altyd gerusgestel en advies gegee.

Ek en Anton was regtig bevoorreg om jou as agent te hê . Jy is n gebore huisagent – jy maak beloftes en kom elkeen na. Ons sal jou beslis aan enige persoon wat wil verkoop aanbeveel. Jy is uitstekend in dit wat jy doen.

Nogmaaals dankie! Anton & Marie Sadie Bedfordstraat, Parow Wes