Hi Madelein

Jong, ek wil net die volgende vir jou sê.

Ons wil net vir jou bedank vir alles wat jy vir ons en ons ma gedoen het tydens die verkoop van haar huis in Krigestraat.

Jy het alles met soveel liefde hanteer en alles so mooi en duidelik verduidelik sodat ons asook my Moeder (85) alles mooi kon verstaan.

Sy het nooit gehuiwer om iets te teken nie, want daar was geen twyfeling by haar nie.

Sy het presies geweet waarvoor sy teken – al was ons saam met haar.

Sy het nooit vrae aan ons gevra tov vorms wat sy geteken het nie.

Weereens wil ek/ons net vir jou baie dankie sê vir alles wat jy vir ons gedoen het..

Die liefde en bystand van jou is/was “priceless”.

Mag jou besigheid van krag tot krag groei – dit word jou toegewens.

Nogmaals baie dankie

Vriendelike groete/Regards

Denise van Zyl RSA MAKELAARS/BROKERS t/a P&L Smitsdorff Family Trust Geregistreerde Finansiële Diensteverskaffer - FSB nr 11108 E-pos: denise@rsabrokers.co.za Tel: (021) 919 6916 X 115 Faks: (021) 919 9718 Faks: 086 5950 180