28 Mei 2021

Geagte Madelein

Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om vir jou te bedank vir die hantering met die verkoop van ons huis.

Ek het altyd vertroue in jou gehad, maar weereens was jy daar vanaf die oomblik toe ons jou in kennis gestel het en dokumentasie hanteer moes word. Jy was bereid om al die korrespondensie namens ons huis, sowel as die koop van die ander huis se admin te ontvang en terug te e-mail indien nodig.

Met die prokureurs en die span van jou wat die huis moes inspekteer, loodgieter, elektrisien en kewerinspekteur was alles op datum en tyd gereël. Ek kon my daaglikse werk verrig, sonder dat enige persoonlike dokumente my aandag aftrek.

Vandag is alles afgehandel en vertrek ons Laaiplek toe. Weereens kan ek net dankie sê en jou hoog aanbeveel vir enige persone wat dink aan koop of verkoop, Jou dienste was uitstekend en mag jy in die toekoms net nog meer sukses he.

Groete en beste wense op jou pad vorentoe

Welda & Phillip Lourens